Heart Health

KOVSIE Smash dag 2 – Hoërskool Fichardtpark

KOVSIE Smash dag 2. Tydens KOVSIE Smash Dag 2 wat deur Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein aangebied word, is die volgende prestasies behaal:

  • Beste kolwer – Tristan Van der Linde, Hoërskool Rustenburg 75 van 48
  • Beste bouler – Elrich Visagie, Hoërskool Oos Moot 4-9
  • “MVP” – Armand Kotze, HTS Middelburg 14.4
  • Beste “economy” – CJ Botha, Hoërskool Upington 3-1
  • “Strike rate” – Wian van Rooyen, Despatch 288.9

Hoërskool Jim Fouché teen Hoërskool Despatch

Hoërskool Despatch se kookwater span het gister gesorg vir hul tweede oorwinning. Twee van Despatch se kolwers, CJ Palfarman (27) en Wian van Rooyen met 26 het ‘n goeie vennootskap gevorm. Duan Bastone, met boulsyfers van 4/23, het verder bygedra tot Despatch se een-paaltjie oorwinning oor JF. Joden Vorster van Jim Fouché se 52 lopies en Cobus Wilson se 36 was egter nie genoeg vir ‘n oorwinning nie. Jim Fouché se eindtotaal is 124/5.

Hoërskool Kalahari teen Hoërskool Transvalia

Hoërskool Kalahari van Kuruman en Hoërskool Transvalia van Vanderbijlpark het mekaar op KOVSIE Smash dag 2 die stryd aangesê. Kalahari se Liam Laing het die voortou geneem teen Transvalia. Liam het nie minder nie as 4 paaltjies van Transvalia geneem. Die feit dat hy op een dag 7 paaltjies ontwortel het, besorg aan hom die derde plek op die lys van boulers. Kalahari beklee ook eerste plek in Groep C. Kalahari se ander twee boulers, Charl Thole met 3/16 en Leander Smit met 2/10 van Hoërskool Kalahari het verder bygedra om Transvalia se telling te beperk tot slegs 54 lopies. Strauss van Heerden van Kalahari het ook met sy haastige 29 lopies gesorg dat sy span met 7 paaltjies kon seëvier.

Hoërskool Upington Teen Hoërskool Witteberg

In nog ‘n taai krieketstryd gister het Hoërskool Upington vir Hoërskool Witteberg van Bethlehem gewen met 66 lopies. Uppies se Weilin Lombaard se 57 lopies het bygedra tot sy span se oorwinning. Hoërskool Noordkaap het het 113/6 behaal. Uppies se boulers, CJ Botha (3/1), Ruann Esterhuizen (3/19) en Aiden Lukumbi (3/14) het uitgeblink met die bal.

Hoërskool Goudveld teen HTS Middelburg

In hierdie wedstryd was HTS Middelburg se Armand Kotze sy span se held. Hy het gesorg vir sy span se tweede oorwinning by KOVSIE Smash. Armand het eers uitgeblink met die kolf deur 44 lopies te behaal en daarna het hy ‘n skitterende boulsyfer van 3/11 behaal. HTS Middelburg het Goudveld beperk tot 106/8 vir ‘hul ‘n oorwinning van 21 lopies.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://fpark.co.za

Foto’s verskaf

Sponsored By

Related Posts

Matriek 2024 uitslae – Hoërskool Jim Fouché

Matriek 2024 uitslae. Hoërskool Jim Fouché kondig met trots hul Matriek 2024 uitslae aan. Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/ https://jf.co.za Foto’s verskaf

Matriekuitslae 2024 – Hoërskool Goudveld

Matriekuitslae 2024 – Hoërskool Goudveld, Welkom is besonder trots op hul matrikulante se matriekuitslae vir 2024. Akademie bly Goudveld se eerste prioriteit. Die matriekuitslae van 2024 se statistieke is as…

Leave a Reply

You Missed

Matriek 2024 uitslae – Hoërskool Jim Fouché

Matriek 2024 uitslae – Hoërskool Jim Fouché

Matriekuitslae 2024 – Hoërskool Goudveld

Matriekuitslae 2024 – Hoërskool Goudveld

Outstanding Matric Results – Shangri-La Academy

Outstanding Matric Results – Shangri-La Academy

Matric results 2024 – St Andrew’s School

Matric results 2024 – St Andrew’s School

Matriekklas van 2024 – Hoërskool Ermelo

Matriekklas van 2024 – Hoërskool Ermelo

Matriek-uitslae 2024 – Hoërskool Fichardtpark

Matriek-uitslae 2024 – Hoërskool Fichardtpark