Jaarlikse Menlopark Netbal Toernooi – Die o.16 en o.18 Hoër Meisieskool Bloemhof netbalspanne het met moeë bene en vol harte teruggekeer na Stellenbosch. Hulle het aan die jaarlikse Menlopark Netbal Toernooi vanaf 28 Maart tot 1 April deelgeneem.
Bloemhof netbalorganiseerder, Zelda Botha, meen: “Om netbal te speel leer jou lesse wat verder gaan as net die sport self. Dit vorm jou hoe jy uitdagings hanteer, saam met ander werk, stres bestuur en aanhou om vorentoe te beweeg na ‘n oorwinning of ‘n nederlaag. Die vaardighede wat in sport aangeleer word kan lei tot persoonlike groei en beter besluitneming en sukses in die lewe, wat hulle die gereedskap gee om alles wat oor hul pad kom, die hoof te bied.”
Die uitslae was as volg:
- o.18 Uitslae
- Bloemhof verloor slegs twee wedstryde naamlik teen Noordheuwel 12-16 en Menlopark 18-26
Hoër Meisieskool Bloemhof wen al hulle ander wedstryde tydens die Jaarlikse Menlopark Netbal Toernooi teen die volgende skole:
- Outeniqua 21-12
- Monnas 20-13
- Northcliff 28-9
- Linden 21-8
- Dr Malan 26-11
- Duineveld 25-17
- Edenvale 29-17

- o.16 Uitslae
Die o.16 netbalspan wen hul wedstryde teen die volgende skole:
- Grenville 29-11
- Diamantveld 25-13
- Edenvale 30-13
- Duineveld 29-12
- Rand Park 26-4
- Lydenburg 29-6
- Menlopark 23-21
Bloemhof verloof twee wedstryde teen Helpmekaar 13-30 en Potchefstroom Gimnasium 23-30
Hoër Meisieskool Bloemhof speel gelykop teen Monnas 24-24
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.bloemhofschool.co.za/
Become a Sponsor








