CR vd Merwe Tennistoernooi. Vir die negende agtereenvolgende jaar is Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch, die wenners van die CR vd Merwe Tennistoernooi. Die o.19A’s het vandag in die finaal teen die Hoër Meisieskool Paarl gespeel en 8-0 gewen.
Die spanlede is Charlotte Bouwer (gr. 9), Ella Jonker (gr. 9), Nina van Eeden (gr. 12), Emma Stroebel (gr. 12) en Marliné Stoop (gr. 11).
Ander uitslae:
In rondte 1 klop die o.19A’s vir La Rochelle 12-1, in rondte 2 wen Bloemhof die tuisspan, Curro Durbanville, 10-3. In rondte 3 maak Bloemhof se spelers skoonskip met Hoërskool Durbanville en wen 12-0. Die semi-finaal is teen Paarl Gimnasium gespeel, waar hulle met 8-2 ’n oorwinning oor die Paarliete behaal.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.bloemhofschool.co.za/
Foto: Carine Comerma
Become a Sponsor








