Sportsterre vereer. Op die groepsfoto. Voor: Elizabeth Fick, Xylia Choene, Danyelle Pienaar, Rumé Burger. Agter: Ezeth Esterhuizen, Lianri Fourie, Rushelle Griffiths, Danny Pienaar en Donna le Roux. Afwesig: Diné le Roux en Nestine van Rooyen.
Elf uitmuntende sportsterre van Hoër Meisieskool Oranje is vereer vir hul puik prestasies die afgelope jaar.
Hierdie elf talentvolle sportsterre van Oranje het hul plek tussen die provinsie se toppresteerders ingeneem tydens die jaarlikse Vrystaat Sportsterre-banket.
Hierdie geleentheid het hul nasionale deelname en uitsonderlike prestasies op o.17-vlak en hoër gevier.
Elke sportster het óf op nasionale vlak meegeding óf is gekies vir ’n Suid-Afrikaanse span. Dit is ’n bewys van hul toewyding, talent en harde werk.
Die Oranje Sportsterre wat vereer is, is:
- Xylia Choene – Hokkie: verteenwoordig SA o.17-span.
- Lianri Fourie – Ruiterkuns: SA-junior o.19 kampioen in ope- en freestyle dressage.
- Danyelle Pienaar – Atletiek: derde plek in die 400 m-hekkies by SA’s (o.17).
- Elizabeth Fick – Atletiek: derde plek in die 400 m by SA’s (o.17).
- Ezeth Esterhuizen – Laser run: lid van die SA-span.
- Donna le Roux – Tennis: gekies vir die SA senior span.
- Danny Pienaar – Biathle en triathle: verteenwoordig SA.
- Diné le Roux – Atletiek: nasionale o.19-kampioen in 100 m-hekkies.
- Rumé Burger – Atletiek: SA o.18- en COSASSA-spanlid; nasionale o.17-kampioen in 100 m en 200 m; nasionale senior kampioen in 200 m.
- Rushelle Griffiths – Dans: lid van SA se diskospan en freestyle-span.
- Nestine van Rooyen – Tennis: verteenwoordig SA o.17-span.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








