Die oriënteringsweek is met die Sottekonsert afgesluit. Die graad 8’s het ʼn goeie vertoning op die planke gebring. Die tema was “Charlie and the Chocolate factory with a twist.” Ulrich Brand en Mia Raath is onderskeidelik as sottekoning en -koningin aangewys.
Die graad 8’s het ook hul dasse ontvang en die konsert met die skoollied afgesluit.
Die graad 8’s van HSDA het baie potensiaal en die skool is opgewonde om te sien wat hul HSDA-toekoms inhou!