Nedbank Junior Golf Challenge. Hoërskool Linden se eie SA Skole-gholfspeler, Franco Roos, het gewys waartot hy in staat is toe hy die afgelope week algeheel 4de by die Nedbank Junior Golf Challenge-toernooi by Sun City geëindig het.
Die toernooi is dié prestige nasionale toernooi vir die land se 78 beste o/19 gholfspelers. Dit word deur Golfrsa aangebied, met Nedbank en Sun International as borge.
Die toernooi het oor drie dae (54 gate) plaasgevind. Franco het op 219 houe geëindig, slegs 3 houe agter die wenner.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf