“Talent Africa Regionals”. Twee leerders van Hoërskool Framesby, Anri en Karli de Beer het Saterdag, 20 April, aan die “Talent Africa Regionals” kompetisie vir uitvoerende kunste, by die Savoy Teater in Port Elizabeth, deelgeneem.
Anri het in die kategorie “Dance: Lyrical/Contemporary/Modern”, 15 – 17 jaar, deelgeneem en “High Gold” (85% en hoër) verwerf.
Karli het in die kategorie “Dance: Lyrical/Contemporary/Modern”, 12 – 14 jaar, deelgeneem en “High Silver” (75% – 79%) verwerf.
Beide Anri en Karli het gekwalifiseer om die Oostelike Provinsie in September by die Nasionale Kampioenskappe in Vereeniging, te verteenwoordig.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf