SA Skole Swemkampioenskappe. Hoërskool Framesby leerder, Kaitlynne Horne, het aan die SA Skole Swemkampioenskappe deelgeneem. Die kampioenskappe is vanaf 19 tot 21 April te Newton Park Swembad, Gqeberha (Port Elizabeth) aangebied.
Kaitlynne het skitterend geswem en twee goue medaljes in die volgende items behaal:
- 400m Individual Medley
- 200m Individual Medley
Sy swem ‘n verdere drie silwer en 1 brons medaljes los in die volgende items:
- 200m Vryslag
- 400m Vryslag
- 200m Rugslag
- 200 Vlinderslag.
Kaitlynne het ook die meeste punte van alle swemmers in die Oos-Kaap span behaal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf