Wow Spelkompetisie. Die afgelope naweek het drie van Hoërskool De Aar se leerders aan die WOW Spelkompetisie deelgeneem. Die leerders het baie goed presteer.
- Faith Pieterse het die eerste plek in die Graad 9 groep behaal.
- Celeste de Clerk het die eerste plek in die Graad 8 groep behaal.
- Marco de Carvalho het die derde plek in die Graad 8 groep behaal.
Faith, Celeste en Marco gaan die Noord-Kaap by die Provinsiale Spelfees op 16 September in Upington verteenwoordig.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf