NWU Hokkie prestige reeksfinale. Tydens die NWU Hokkie prestige-reeksfinale speel die Rusties se eerste seunshokkiespan teen Potch Gimmies vir posisie 1 en 2. Die Rusties het Potch Gimmies aangevat in ‘n hoë tempo wedstryd. Die Rusties was onder baie druk geplaas deur Potch Gimmies se vinnige, vaardige voorspelers.
Tóg teken Rustie-speler, Wian Bester, die eerste doel aan tydens die Rusties se eerste korthoekie. Daarna teken Sebastian Meyer ‘n tweede doel aan. Hy doen ‘n duikslag “reverse paddle” agter ‘n bal wat verby ‘n duikende doelwagter gaan.
Die Rusties het beslis hulle geleenthede gebruik. Die 2 doele het die opponente se momentum gebreek. Rusties het die druk weerstaan en teen die einde van die wedstryd uitgetree as die NWU Hokkie prestige-reeksfinale wenners vir ‘n tweede jaar in ‘n ry!
Hoërskool Rustenburg is baie trots op hierdie manne en hul afrigters. “Julle het besonderse veggees gewys.”
Rusties spog óók met hul o. 16A-seuns hokkiespan wat tydens die NWU prestige-reeks teen Hoërskool Montana uitgespeel het vir posisie 3 en 4. Die wedstryd was taai maar die seuns het nooit opgehou speel nie. Aan die einde van die wedstryd was die telling 1-0 vir Hoërskool Montana. Rusties se o.16A-seuns hokkiespan eindig dus 4de in die NWU prestige-reeks.
“Ons is ongelooflik trots op die manne en hul Rustie-karakter. Ons sien uit vir julle ligawedstryde.”
Rustie-seunshokkie is beslis een van die bestes in die Noord-wes Provinsie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf