Presidentsverkenner. Hoërskool Swartland leerder, Irvan Turner, het onlangs sy Presidentsverkenner eksamen geslaag.
Dié eksamen is ‘n hoogtepunt in alle Voortrekkers se skoolloopbaan. Kandidate beantwoord vrae oor onder andere: sake van die dag, geskiedenis, gedenkwaardighede, kaartwerk, nasionale simbole, liedere, ekonomiese konsepte, waardes, persoonlikheid, ensovoorts.
Kandidate moet talle kampe bywoon waar hulle die natuur eerstehands beleef. Hulle leer ook skuiling bou, van noodhulp, leierskap, oorlewing en nog vele meer.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf