Valentynssokkie. Nóg ‘n Wilgie-aktrise skyn in ‘n kykNet-storiefilm! Desireé Thirion (graad 12) speel die hoofrol, Xanie, in die vollengte storiefilm, Valentynssokkie wat Saterdag, 20:00, op KykNet (kanaal 144) uitgesaai word.
Desi vertel dat haar karakter, Xanie, ‘n naïewe skoolmeisie is. “Xanie se oë sprankel as die woord liefde genoem word. Haar warboel van emosies lei daartoe dat sy haar plek in haar nuwe skool vind.”
Verskeie bekende akteurs; onder andere Reandi Grey (Diepe Waters) en Pietie Beyers (Binnelanders) verskyn saam met dié talentvolle Wilgie, as hoofrolspelers. Hoërskool Die Wilgers is voorwaar dié skool waar geleenthede ons leerders se talente ontwikkel!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf