Skoleliga Fietswedren – Affies trap vorentoe in skoleliga-fietswedren
Verlede Saterdag was ’n dag van spoed , uithouvermoë en trotse prestasies by Afrikaans Hoër Seunskool, Pretoria. Vier en vyftig Affie-fietsryers het hul staal by die tweede CycleLab Skoleliga fietswedren gewys.
Die kompetisie het by HTS John Vorster plaasgevind, en Affies het weereens bewys hoekom hulle bo-aan die skole-punteleer pronk.
Hier volg ’n oorsig van die indrukwekkende individuele uitslae van die Skoleliga Fietswedren:
O.18:
- Liam Page – Negende plek
O.17:
- Liam Barnard – Sesde
- Justin Deyzel – Twaalfde
- Van Duyn Doyer – Vyftiende
- Iddo Smith – Negentiende
- Dillan Duffy – Een en twintigste
- Pepler Engelbrecht – Vier en twintigste
O.16:
- Jaco du Bruyn het ’n briljante eerste plek behaal
- Sebastian Brits – Vyfdede
- Leo Pienaar – Sesde
- William Pienaar – Sewentiende
O.15:
- Daimon Batteson – Derde
- Dylan Kohlmeyer – Vierde
- Liam Labuschagne – Negende
- Roland-Franz Doyer – Negentiende
- Tiaan Lemmens – Twintigste
O.14:
- Wieko Strydom is met ’n gulde eerste plek bekroon
- Christiaan Ross – Vyfde
- Rikus de Bruin – Twaalfde
- Wickus Hengst – Sewentiende
- Buhrmann Doyer – 23ste
- Markus Smit – Vyf en twintigste
Die Affie-span het nie net in getalle nie, maar ook in talent en spangees uitgeblink. Elke deelnemer het met toewyding en trots gejaag, en hul prestasies dra by tot die span se algehele oorheersing in die liga.
Hou so aan, manne – Affies bly tops op julle op en van die pad!


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








