SASN Fast Five kampioenskap. HTS Middelburg se meisiespanne het dag 1 van die SASN Fast Five kampioenskap hul staal gewys met uitstaande vertonings. Die span het al drie van hul wedstryde gewen, en hul skool is uiters trots op hulle harde werk en toewyding.
Die resultate vir Dag 1:
- HTS Middelburg 25 – 20 Cappies Roses (Limpopo)
- HTS Middelburg 31 – 22 Hoërskool Diamantveld (Noord-Kaap)
- HTS Middelburg 27 – 26 Yellow Ferns (Gauteng)
Dag 2: HTS Middelburg se deelname aan die SASN Fast Five-kampioenskap het op ‘n glorieryke noot geëindig. Hierdie groepie dogters het die afgelope twee dae gewys wat dit werklik beteken om nooit moed op te gee nie. Elke wedstryd het sy eie uitdagings gehad, maar die span het vir niks en niemand teruggestaan nie. Hulle het met onwrikbare vasberadenheid gespeel.
Die uitslae van dag 2 se wedstryde:
- HTS Middelburg 30 – 29 Hoërskool Jim Fouche
- HTS Middelburg 41 – 10 Hoërskool Delmas
- HTS Middelburg 23 – 34 Hoërskool Durbanville
- HTS Middelburg 27 – 29 Hoërskool Montana
- HTS Middelburg 33 – 34 Hoërskool Brandwag
Na nege intense wedstryde oor twee dae, het hierdie meisies ‘n merkwaardige 6de plek in Suid-Afrika uit 25 spanne behaal. HTSM is ongelooflik trots op elke dogter wat ‘n aandeel aan hierdie uitsonderlike prestasie het.
Hierdie 6de plek uit 25 spanne weerspieël nie net die harde werk en toewyding van hierdie span nie, maar sluit ook aan by HTS Middelburg se ryk nalatenskap van uitnemendheid oor dekades heen.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








