Oakdale 520 kg A-span wen Goud
Agter: v.l.n.r.: JW Wessels, Rohan van Rooyen, Benjamin Herbert, Jaco van Deventer en Piet Lourens (afrigter).
Voor: v.l.n.r.: **Guillaume Nel, Nic Meyer, MJ Marais, Christiaan Theunissen en Ruan Kok.
Tydens die SA-Toutrekkampioenskap op 13 en 14 Maart te Worcester, het die Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal, vanjaar skoonskip gemaak deur in elke afdeling as wenners aangewys te word!
Vanjaar se toutrekkampioenskap is gekenmerk deur ? rekordgetal inskrywings, waarvan die Hoër Landbouskool Oakdale die meeste spanne ingeskryf het. Die Oakdale-toutrekspanne het alle goue en soms silwer medaljes gewen wat daar in die hoërskole seuns-afdeling te wen was. Dit was selfs die B-, C- en D-spanne wat verskeie A- en B-spanne van ander deelnemende skole met pragvertonings geklop het.
Dit was die Oakdale-spanne, in hul kenmerkende blou truie en rooi kouse, wat sedert Vrydag die oog gevang het met hul fiksheid, vasberadenheid en doelgerigte deelname. Die skool se toutrek-afrigters verdien lof vir hul harde werk reeds vanaf September 2019.
Die hoogtepunt van die kompetisie was die oorwinning in die 560 kg-kompetisie. Die oorwinning in die 560 kg-afdeling beteken ook dat Oakdale weer die land as die Proteaspan gedurende September by die Wêreldkampioenskap in Spanje gaan verteenwoordig.
Die uitslae lyk soos volg: 400 kg A-span – Goud; 400 kg B-span – Silwer; 440 kg A-span – Goud; 480 kg A-span – Goud; 480 kg B-span – Silwer; 480 kg Plaatspan – Goud; 520 kg A-span – Goud; 600 kg A-span – Goud; 600 kg B-span – Brons; 560 kg A-span – Goud; 560 kg B-span – Silver.
**Leerders uit Oudtshoorn-omgewing.
Foto’s verskaf

v.l.n.r.: NJ Tesner, Eben Vorster, Sebastian Lotter, Kéan Enslin, Steyn de Wet, Janico Kriel, D’Niel de Wet en Thys Lourens.

v.l.n.r.: Johan Geyser, Rayno Grundlingh, Robert-John Montgomery, Reynhardt Botha, Charl du Plessis, Dewald le Grange, Pieter J van Rensburg en Philip Crafford

Agter: v.l.n.r.: Pieter J van Rensburg, Clarian Thornley, Saggie van As (afrigter), Robert-John Montgomery, Rayno Grundlingh en Dewald le Grange.
Voor: v.l.n.r.: Charl du Plessis, Johan Geyser, Reynhardt Botha en Philip Saayman.

Agter: v.l.n.r.: Nic Meyer, Christiaan Theunissen, Rohan van Rooyen, Ruan Kok en Piet Lourens (afrigter).
Voor: v.l.n.r.: Thys Lourens, **De Wit Botma, Benjamin Herbert, Janco Olivier en Dewald le Grange.

Agter: v.l.n.r.: Philip Crafford, Pieter J van Rensburg, Dewald le Grange, Charl du Plessis, Reynhardt Botha en Piet Lourens (afrigter).
Voor: v.l.n.r.: Robert-John Montgomery, Rayno Grundlingh, Johan Geyser, De Wit Botma en Benjamin Herbert.

Agter: v.l.n.r.: Thys Lourens, De Wit Botma, Zack Kroukamp, Tiaan Kok en Piet Lourens (afrigter).
Voor: v.l.n.r.: Sebastian Strydom, Albert Steyn, Gideon Pretorius en Janco Olivier.










