Eerste rugbyspan in aksie
Die eerste rugbywedstryde van die seisoen by die Brackenfell Sportdag, het groot opwinding onder die afrigters en spelers opgelewer.
Die o.14’s se debuut in hul hoërskool-rugbyloopbaan het ‘n goeie oorwinning van 17-0 oor Hoërskool Milnerton opgelewer – en dit met nuwe rugbystewels wat nog ingespeel moet word!
Daarna het die o.15’s ook teen Hoërskool Milnerton gespeel. Die manne het baie goeie veggees gewys, maar ongelukkig die wedstryd 15-7 verloor.
Die o.16’s het Vrydag die laaste wedstryd teen ‘n baie fisieke en groot span van Hoërskool Milnerton gespeel en met 19-7 geseëvier!
Die o.19A-span het Saterdag teen Hoërskool Durbanville gespeel. Strand het glad-nie teruggestaan nie en dit vir Durbanville baie moeilik gemaak. Al het die span die wedstryd verloor, was dit hoë gehalte rugby wat net afrondingswerk kortkom.
Die naweek se wedstryde het getoon dat daar na ‘n goeie seisoen uitgesien kan word!