Mozzie-krieketweek. Hoërskool Nelspruit het weer ‘n suksesvolle Mozzie-krieketweek aangebied vanaf 2 tot 6 Julie. Die skool was gasheer vir 135 spelers en 35 personeel van Hoër Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom Gimnasium, Hoërskool Centurion, Midstream College, Jeppe Boys High, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Waterkloof, Uplands en Cornwall Hill. Cornwall Hill College het vir die eerste keer die toernooi bygewoon. Spelers het die gasvryheid van die Laeveld geniet en natuurlik die pragtige velde van Uplands, White River Country Club en Skukuza.
Soos oudergewoonte het die Mozzieweek afgeskop met die Tokkie Fourie Super Over kompetisie. Hierdie jaar was dit Hoërskool Waterkloof wat net-net weggestap het met die trofee toe hulle in die finaal teen NHS gewen het. Die spanne het gedurende die week verskeie wedstryde gespeel in verskillende formate van die spel: tyd-krieket, 50-beurt en T20-wedstryde.
Die geleentheid was baie goeie voorbereiding vir hierdie eerstespanne wat binnekort afskop met die T20-wedstryde.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









