IMSSU World Championships. Hoërskool Jim Fouché leerder, Martin Maasdorp, het aan die vyftiende IMSSU World Championships (Metallic Silhouette Shooting) vanaf 3 tot 13 Junie deelgeneem. Die kampioenskap is in Bloemfontein aangebied.
Martin is in die Proteaspan ingesluit en het goud gewen in die Small Bore Handgun Aggregate. Dit het hom die nommer een o.20 skut in die wêreld gemaak.
Hy het die volgende o.20 prestasies behaal:
- SBHG Revolver – Silwer
- SBHG Production – Silwer
- SBHG Unlimited-Brons
- SBHG Standing – Brons
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









