Die deelnemers saam met Juffrou Chantell Deetlefs en Juffrou Melissa Fouché
Op Sondag, 23 Februarie, het 7 swemmers van Laerskool Stulting en 2 onderwysers vol opwinding die pad na Colchester aangepak. Dit was die leerders se eerste keer dat hulle die River Mile sou swem. Met baie kosstalletjies en lekker speel-areas was daar vermaak vir almal.
Die volgende leerders het oor die rivier se breedte geswem:
Dewald Duvenage, o/6 Seuns, was heel eerste in die water en behaal die 8ste plek.
Jody Humby, 16th and Paige Heim 17th girls u/10.
Emma Humby, got a well-deserved 1ste place for girls u/12.
Kyle Heim, 5th and Ty Geswint 15th boys u/12.
Die myl het plaasgevind om 13:30, en die stresvlakke was redelik hoog. Hulle moes die hele myl teen die wal op loop en met elke tree het dit net al hoe verder gelyk, maar die leerders was ook baie opgewonde vir die uitdaging. 171 Vrouens aan die “Ladies Mile” deelgeneem.
Soné Jacobs het haar beste tyd nog geswem en eindig 110de.
Juffrou Chantell Deetlefs en Juffrou Melissa Fouché het ook aan die myl deelgeneem.
Die was ‘n dag vol pret en die leerders sien uit om dit volgende jaar weer te doen.
(Foto’s verskaf)