Laerskool Stulting, Humansdorp, is besig om bergfietsry op die been te bring. Dit is op die oomblik ‘n groeiende sport in skole en die Kou-area is baie bekend vir wedrenne wat in die omgewing plaasvind. Laerskool Stulting het op 7 Maart hul eerste oefening gehad waar verskeie vaardighede geoefen is. Die skool bedank Vosloo Park vir hul ondersteuning en hulp met die Laerskool Stulting bergfietsbaan.
(Foto’s verskaf)