Grootste Interhoër nog. Die naweek se 26ste interskole tussen Sekondêre Meisieskool Oranje van Bloemfontein en Hoër Meisieskool Bloemhof van Stellenbosch, bevat heel waarskynlik die besigste program nóg in die geskiedenis van hierdie inter.
Op die kultuurfront is daar debat, redenaars, marimbas, orkes, dansgroep, dramagroep, Con Spirito-sanggroep en die koor wat optree.
Landloop, swem, netbal, tennis, skaak en hokkie is die sportsoorte waarin meegeding word. Swem is vir die heel eerste keer deel van dié inter. Paul Roos Gimnasium en Grey Kollege neem ook aan die gala deel.
Gedurende die inter word 29 netbal-, 13 hokkie- en 4 tenniswedstryde gespeel.
Op die sosiale front is daar vlugbal en tafeltennis vir die matrieks. ’n Hokkie- en netbalwedstryd vir die skole se oudleerders vind ook plaas.

Die program lyk soos volg:
Donderdag, 15 Augustus:
- 14:30 – Skaak IGO-lokaal
- 16:00 – Swem Bloemhof swembad
Vrydag, 16 Augustus:
- 07:45 Landloop Markötter
- 08:30 Tennis o.19A Bloemhof bane
- 10:50 Kultuur Sentrum
- 12:30 Tafeltennis grasgang
- 17:40 Hokkie o.19 Bloemhof astro
- 19:00 Personeel-ete saal
VRYDAG 16 Augustus 2024
- 07:15 Debat: Leerders meld aan vir voorbereiding Voorportaal (skool) Leerders vergader in uitstapdrag op die Markötter-paviljoen Markötter-sportgronde
- 07:30 Voorbereiding: Debat Mediateek en Kamer 19
- 07:45 Landloop Markötter-sportgronde
- Tennis: o.19A Bloemhof-bane
- 08:30 Saalopening Sentrum
- 08:45 Debat Sentrum
- 10:15 Pouse: Verversings vir die personeel Personeelkamer
- 10:50 Kultuurprogram Sentrum Tafeltennis Grasgang
- 12:30 Vlugbal Koshuis-vierkant
- Netbal: Wedstryde begin Bloemhof-bane
- Hokkie: Wedstryde begin Bloemhof- en Rhenish-astro
- 15:50 Netbal: Old Girls-wedstryd Baan 3
- 17:10 Hokkie: Old Girls-wedstryd Bloemhof-astro
- 17:40 Hokkie: Voorstelling van o.19A-spanne Bloemhof-astro
- 17:50 Hokkie: o.19A-wedstryd Bloemhof-astro
- 19:00 Personeelete Saal
SATERDAG 17 Augustus 2024
- 07:30 Hokkie: Wedstryde begin Bloemhof-astro
- 08:00 Netbal: Wedstryde begin Sentrum en Baan 3
- 10:50 Netbal: Voorstelling van o.18A-spanne Sentrum
- 11:10 Netbal: o.18A-wedstryd Sentrum OMS-leerders meld by die busse aan Kochstraat
- 12:30 OMS-personeel ontvang hul kospakkies Kamer 32
- 13:00 OMS-leerders en -personeel vertrek na Bloemfontein Kochstraat

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://oranjemeisies.co.za https://www.bloemhofschool.co.za/
Foto verskaf









