Bredasdorp Top 10-uitslae
Baie geluk aan die volgende Dee-Effers:
Liza van Deijl verwerf ‘n tweede plek met hoogspring.
Tia Crous verwerf ‘n derde plek in die 200m naelloop, ‘n eerste plek in die 400m naelloop en ‘n eerste plek in die 300m-hekkies.
Monja Theart wen “Beste Prestasie vir Dogters o.14” met die 948 punte wat sy verwerf het met haar tyd van 12.45 vir die 100m naelloop. Sy verwerf ook ‘n tweede plek in die 200m naelloop.
Marga van der Linde verwerf ‘n derde plek in die 200m naelloop en ‘n eerste plek vir 90m-hekkies.
Claudia van der Westhuizen verwerf ‘n derde plek in diskus. In die HoĆ«rskool Swartland-byeenkoms, breek Claudia die rekord met al ses gooie!
Eugene Marx verwerf ‘n eerste plek in diskus en slaan ook die rekord met sy afstand van 49.17m.
JP Luise verwerf ‘n tweed plek in diskus.
Heinrich Crous verwerf ‘n tweede plek in die 200m naelloop.
Foto:
Voor (v.l.n.r.): Liza van Deijl, Tia Crous, Monja Theart en Marga van der Linde.
Agter (v.l.n.r.): Claudia van der Westhuizen, Eugene Marx, JP Luise en Heinrich Crous.