Theuns van der Nest, swemmer van Hoërskool Cradock het die afgelope week ‘n pragtige toekenning ontvang vanaf Eastern Cape Aquatics. Theuns is aangewys as die swemmer wat die beste vordering getoon het die afgelope drie maande. Hierdie is ‘n besondere prestasie gesien in die lig dat alle seuns- en dogterswemmers vanoor die hele Oos-Kaap se tye in berekening geneem is. Wat dit nog meer indrukwekkend maak, is dat Theuns tans in die o/16- en o/17-afdelings deelneem.
Daar lê ‘n blink toekoms voor vir hierdie talentvolle jong swemmer en CHS is saam met hom opgewonde oor hierdie pragtige toekenning.
Op die foto links en heel bo:
Theuns van der Nest, graad 10-leerder van Hoërskool Cradock, met die pragtige trofee wat hy tydens ‘n toekenningseremonie in Port Elizabeth ontvang het.