)

Cradock Hoërskool swemmer ontvang Oos-Kaap toekenning 

Theuns van der Nest, swemmer van Hoërskool Cradock het die afgelope week ‘n pragtige toekenning ontvang vanaf Eastern Cape Aquatics.  Theuns is aangewys as die swemmer wat die beste vordering getoon het die afgelope drie maande.  Hierdie is ‘n besondere prestasie gesien in die lig dat alle seuns- en dogterswemmers vanoor die hele Oos-Kaap se tye in berekening geneem is.  Wat dit nog meer indrukwekkend maak, is dat Theuns tans in die o/16- en o/17-afdelings deelneem.

Daar lê ‘n blink toekoms voor vir hierdie talentvolle jong swemmer en CHS is saam met hom opgewonde oor hierdie pragtige toekenning.

Op die foto links en heel bo:
Theuns van der Nest, graad 10-leerder van Hoërskool Cradock, met die pragtige trofee wat hy tydens ‘n toekenningseremonie in Port Elizabeth ontvang het.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal