Op Vrydag 9 Februarie 2018 het leerders van Hoërskool Cradock, Gill Kollege en Adelaide Gimnasium die voorreg gehad om na ‘n humoristiese vertoning te kyk wat gehandel het oor stylfigure, beeldspraak en die bou van die drama.
JP Productions, ‘n teatergeselskap van Gauteng, lê jaarliks besoek af by CHS en het die leerders met die Anton Chekhov-stuk ‘Die Beer’ gehelp om die bogenoemde aspekte van taal en drama te verstaan. Skitterende teaterspel en tong-in-die-kies teks het leerders se aandag vasgevang en verseker dat hierdie vertoning nie gou vergeet sal word nie!
Hoërskool Cradock bedank graag die buurskole en leerders wat hierdie vertoning bygewoon het.
Op die foto heel bo:
Leerders wat Vrydag na ‘n opvoering van ‘Die Beer’ gekyk het.
Vlnr: Andre Dickens, Ryan Hayes, Michael Du Raan (Gill); Clairigan Jacobs, Ilana Steenkamp, Jeanri Nortje (CHS); Haley Webster, Leila Snayers, Lusandra Tau
Op die verhoog is die akteurs van die JP Productions geselskap.