Op Dinsdag 6 Februarie 2018 het die Erries aan die Laeveld Spoed- en Aflos-atletiekbyeenkoms te Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier deelgeneem.
Die byeenkoms het bestaan uit vier verskillende aflos-weergawes met n totaal van 40 aflositems. Die naellope het plaasgevind oor drie verskillende afstande en het gestrek van sewejariges tot 18-jarige atlete. Die totale naellope-lopies was 96. Die byeenkoms het uit 136 spoed- en afloslopies bestaan. Dit het groot opwinding en vermaak aan die toeskouers verskaf.
NAELLOPE: Elke lid van die aflosspan het aan die naellope-item deelgeneem wat volgens lopies plaasgevind het. Die lopies se plasing is bepaal volgens die atlete se posisies in hul aflosspanne. Sodoende was elke lopie mededingend.
NAELLOPE-LOPIE NO 1 | WEGSPRING-ATLETE |
NAELLOPE-LOPIE NO 2 | OORGEE-1-ATLETE |
NAELLOPE-LOPIE NO 3 | DRAAI-ATLETE |
NAELLOPE-LOPIE NO 4 | WENPAAL-ATLETE |
5 X 100m-SPOEDAFLOS:
Hier het die atlete ook volgens hul posisies in die aflosspan meegeding. ‘n o/14-atleet het by die 100m weggespring, by die wenpaal oorgegee aan ‘n o/15-atleet wat by die 300m oorgegee het aan ‘n o/16-atleet, wat weer by die 200m oorgegee het aan ‘n o/17-atleet wat dan laaste oorgegee het aan ‘n o/19-atleet by die 100m.
Die Erries het gemengde welslae behaal:
Meghan Houy het die 100m D o/16 se rekord verbeter.
Die D o/15-aflos het ook die rekord verbeter.
Die D o/17-aflos het die rekord met 0.06s gemis.
Die atlete het die byeenkoms baie geniet omdat baie atlete wat nooit aan ‘n 100m-wedloop sou kon deelneem nie, dit wel kon doen en sodoende ook ‘n medalje kon verwerf.
Foto heel bo: Noluthando Mkhonza