)

Cradock Hoërskool bied Noodhulp-inligtingsessie aan

Op 9 Februarie 2018 het 30 van Hoërskool Cradock se leerders die voorreg gehad om ‘n noodhulp-inligtingsessie by te woon. Die sessie is aangebied deur die span van Langamed, ‘n privaat ambulansdiens van Cradock. Die doel van hierdie sessie was om die noodhulpspan te bemagtig om ‘n verskeidenheid algemene sportbeserings te behandel.  Tydens hierdie sessie het elke leerder ook die geleentheid gehad om hulle nuwe kennis prakties toe te pas.

Hoërskool Cradock is besonders trots op hierdie groep leerders, die grootste aktiewe noodhulpgroep uit die omliggende skole. Daar is huidiglik ongeveer 70 leerlinge in die noodhulpspan van Hoërskool Cradock. Ses CHS leerders het reeds in 2017 hul Vlak 1 kwalifikasies ontvang. Drie leerlinge het ook reeds hul Vlak 3 kwalifikasies behaal en twee van hierdie leerders het op 9 Februarie gehelp om die ander leerders op te lei.  Hierdie is ‘n pragtige getuienis van die leerders se toewyding tot noodhulp, aangesien leerders alle kursusse na ure en op eie onkoste bywoon en voltooi.

Baie dankie aan Hugo Barendse en die Langamed-span vir hul wonderlike ondersteuning en die belegging wat hulle maak in die lewens van CHS leerders!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal