Hoërskool Nelspruit het 9-11 Februarie 2018 die jaarlikse Groot 5 Tennistoernooi aangebied. Deelnemende skole was Hoërskool Nelspruit, Wilgerivier, Ermelo, Affies, garsfontein, HTS Middelburg, Monument, Merensky en Boland Landbou. Daar is reg oor die dorp gespeel op die bane van NHS, Laerskool Nelspruit, Hoërskool Bergvlam, Panorama (Matumi) en Van Riebeeckpark. Die toernooi is met ‘n spesiale dinee en prysuitdeling by NHS se dogterskoshuis afgesluit.
Hierdie is ‘n lekker toernooi om die tennisjaar mee af te skop en skole sien jaarliks uit na die naweek in Nelspruit.
NHS uitslae
Dogters
Wen Wilgerivier 22-2
Wen Ermelo 22-2
Gelykop met Afrikaans Hoër Meisies
Wen Monument 5-0
Eindig algeheel derde.
Seuns
Verloor teen Garsfontein 15-8
Verloor HTSM 17-6
Wen Wilgerivier 24-0
Wen Ermelo 5-1
Eindig algeheel vyfde.
Algehele uitslae
Dogters
Afrikaans Hoër Meisies
Garsfontein
NHS
Monument
Wilgerivier
NHS 2
Ermelo
Merensky
Seuns
Boland
HTS Middelburg
Garsfontein
Afrikaans Hoër Seuns
NHS
Ermelo
Monument
Wilgerivier
Vir enige verdere inligting kontak me. Alma Snyman by 084-709-1101. Addisionele foto’s is by Hennie Homann beskikbaar op aanvraag.