Op Saterdag 10 Februarie 2018 het CHS met Union High se 2de span te Cradock kragte gemeet. Union High besluit om eerste te kolf en teken 148 lopies aan.Hul beste kolwer was G.Jeneke met 36 lopies.
CHS boul baie goed met Ryan Gowar wat 4 paaltjies laat kantel vir 25 lopies in 7 boulbeurte. Hy is goed bygestaan deur Musa Green wat 3 paaltjies vir 20 neem in sy 8 beurte.
CHS gaan kolf en L.Rasmeni kolf weereens baie goed en teken nog ‘n 50-tal aan. Niel Slabbert kolf bestendig en teken ‘n onoorwonne 21 lopies aan. CHS behaal 149/5 met nog 5 boulbeurte oor en wen dus die kragmeting met 5 paaltjies.
Baie geluk aan CHS met nog ‘n pragtige vertoning!!