HoĆ«rskool Ermelo se atlete het op Saterdag 10 Februarie 2018 te Lydenburg geskitter op die atletiekbaan en āveld. Deelnemende skole was: HoĆ«rskool Lydenburg, HoĆ«rskool Ermelo, Curro Nelspruit, Curro Secunda en Penryn College.
Die volgende leerders het trofeƫ ontvang:
Meghan Houy (D o/16) vir die beste naellope-dogter met 724 ASA-punte in die 100m.
Caylin Loock (D o/14) vir die beste langafstand-dogter met 741 ASA-punte wat sy in die 800m bymekaar gemaak het.
As beste spronge-dogter is Lana Herhodlt (D o/15) aangewys met hoogspring wat haar 876 ASA-punte in die sak gebring het.
Lana Heroldt is ook aangewys as die beste hekkiesdogter in die 300m-hekkies in D o/15. Sy het 721 ASA-punte hier aangeteken.
Carla Ferreira behaal ān besondere 1200 ASA-punte in spiesgooi vir D o/14 en daarvoor word sy beloon met die toekenning as beste worpe-dogter. Met Carla se spiesgooi-afstand van 41,25m is sy die eerste dogter van EHS wat in die afgelope 30 jaar die spies verder as 40m gegooi het. Voorwaar ‘n puik prestasie!
Beste worpe-seun is Hardus Rothmann met sy 858 ASA-punte in gewigstoot S o/16.
Junior Victrix Ludorum is Carla Ferreira (D o/14) met 3319 ASA-punte.
Senior Victrix Ludorum, met 2775 ASA-punte, is Amy Greyling (D o/16)
Hardus Rothmann (S o/16) is Senior Victor Ludorum met 3259-ASA punte.
Vier van die aflos-spanne het uitstekend presteer met eerste plekke.
Baie geluk aan al die Erries wat deelgeneem het en besondere prestasies behaal het.
Foto heel bo: Noluthando Mkhonza