)

Erries skitter op atletiekveld en -baan

Hoërskool Ermelo se atlete het op Saterdag 10 Februarie 2018 te Lydenburg geskitter op die atletiekbaan en –veld. Deelnemende skole was: Hoërskool Lydenburg, Hoërskool Ermelo, Curro Nelspruit, Curro Secunda en Penryn College.

Die volgende leerders het trofeë ontvang:

Meghan Houy (D o/16) vir die beste naellope-dogter met 724 ASA-punte in die 100m.

Caylin Loock (D o/14) vir die beste langafstand-dogter met 741 ASA-punte wat sy in die 800m bymekaar gemaak het.

As beste spronge-dogter is Lana Herhodlt (D o/15) aangewys met hoogspring wat haar 876 ASA-punte in die sak gebring het.

Lana Heroldt is ook aangewys as die beste hekkiesdogter in die 300m-hekkies in D o/15. Sy het 721 ASA-punte hier aangeteken.

Carla Ferreira behaal ’n besondere 1200 ASA-punte in spiesgooi vir D o/14 en daarvoor word sy beloon met die toekenning as beste worpe-dogter. Met Carla se spiesgooi-afstand van 41,25m is sy die eerste dogter van EHS wat in die afgelope 30 jaar die spies verder as 40m gegooi het. Voorwaar ‘n puik prestasie!

Beste worpe-seun is Hardus Rothmann met sy 858 ASA-punte in gewigstoot S o/16.

Junior Victrix Ludorum is Carla Ferreira (D o/14) met 3319 ASA-punte.

Senior Victrix Ludorum, met 2775 ASA-punte, is Amy Greyling (D o/16)

Hardus Rothmann (S o/16) is Senior Victor Ludorum met 3259-ASA punte.

Vier van die aflos-spanne het uitstekend presteer met eerste plekke.

Baie geluk aan al die Erries wat deelgeneem het en besondere prestasies behaal het.

Foto heel bo: Noluthando Mkhonza

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal