Affie Atletiek. Die Affie atletiek span het oor die afgelope naweek aan een van die lekkerste byeenkomste op die Affie-atletiekkalender in Nelspruit deelgeneem. Skole wat deelgeneem het was AHS, Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Rob Ferreira, Hoërskool Ermelo en Hoërskool Middelburg.
By hierdie massa byeenkoms het AHS aan 135 atlete geleentheid gegee om deel te neem.
Die volgende atlete het meer as 800 punte op die APE tabel behaal:
- Heinrich Bekker, o.15 Verspring, 6.28m
- Dewald Roodt, o.15 gewigstoot & Diskus, 17.35m & 54.40m
- Taylor Nel, o.15 gewigstoot, 14.86m
- Roal J Van Vuuren, o.16 1 500 m, 04:11
- Emile Els, o.16 800 m en 3 000 m, 01:58 en 08:54
- Dandré Brink, o.16 400 m (hek), 0:55.63
- Dian JV Rensburg, o.16 110m (hek), 0:14.92
- Dewald Bezuidenhout, o.16 gewigstoot en Diskus, 18.21m en 51.96m
- Hengert van Tonder, o.16 gewigstoot, 15m
- Martin van Niekerk, o.17 Diskus, 51.63m
- Ockie Spies, o.17 gewigstoot, 15.08m
- Werner Gouws, o.19 1 500 m, 4:04.22
- Rigardt Hattingh, o.19 3000m, 9:00.00
- Albert Smit, o.19 Diskus, 48.57 m
Affie se Dewald Roodt word as die Beste Junior Veldatleet en Dewald Bezuidenhout as die Beste Senior Veldatleet aangewys.


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








