)

Hoofseun 2025 – Hoërskool Bultfontein

Hoofleiers 2025. Vanjaar gesels Schools That Rock weer met die Hoofleiers van Hoërskole in Suid-Afrika. Eerste aan die beurt is Ryno Karsten van Hoërskool Bultfontein.

“My naam is Ryno Karsten. Ek is die Hoofseun 2025 van Hoërskool Bultfontein, die suidelike streek van die Overberg in die Wes-Kaap.

Ek sien uit daarna om hierdie geleentheid te gebruik om my mede skoliere te lei en te dien. As Hoofseun is dit my plig om orde te bevorder. My grootste passie lê egter daarin om ander te lei in Christus. Christenskap is meer as net ‘n geloof – dit vestig morele waardes wat ons almal moet nastreef. Ek sien uit daarna om my mede-leerders aan te moedig om op hierdie waardes te bou en saam ‘n pad van goedheid en integriteit te volg.

My persoonlike doelwit is om te ontwikkel in ‘n dienende leier wat ander kan vertrou. Ek wil leer wat dit werklik beteken om ‘n ware leier te wees. Vir die skool wil ek help om ‘n sterk kultuur en tradisie te vestig. Dit snoer mense saam en moedig samewerking aan. Dit kan ook ‘n omgewing skep waar leerders veilig en gemaklik voel. Verder kan elke individu tot sy volle potensiaal ontwikkel.

Uitstaande eienskappe

Die eienskappe van Hoërskool Bultfontein wat vir my die meeste uitstaan, is die waarde van integriteit. Dit is ‘n hoeksteen van die Bulties-tradisies. Ek het al dikwels gesien hoe leerders in my skool altyd poog om die regte ding te doen. Selfs al is dit moeilik. Dit maak my trots om deel van ‘n gemeenskap te wees wat op sulke beginsels gebou is.

Een van die aanpassings/ veranderinge wat ek graag by die skool wil sien, is dat die gees sal verbeter. Ek wil hê leerders moet vrylik en entoesiasties deelneem aan geesbou-aktiwiteite sonder vrees vir wat ander van hulle mag dink. Dit skep ‘n gevoel van samehorigheid en motiveer leerders om hul beste te gee in hul sport en ander aktiwiteite.

Ek sal graag leerders oorreed om Hoërskool Bultfontein hul skool van keuse te maak. Ek sal dit doen deur te fokus op die persoon se persoonlike belangstellings en behoeftes en dit beter te verstaan. Dit is vir my belangrik dat elkeen ‘n besluit neem waarmee hulle gemaklik is. Deur meer oor hul doelwitte en drome te leer, kan ek hulle lei om ‘n ingeligte besluit te neem. Dit sal ook strook met wat ek glo die beste vir hulle is.

Leierseienskappe

My sterkste leierseienskap is my vermoë om doeltreffend te kommunikeer. Dit het al talle geleenthede vir my oopgemaak om sterk verhoudings met ander te bou. Ek glo dat verhoudings van kardinale belang is in leierskap. Dit skep vertroue en stel mense in staat om hul idees en terugvoering met my te deel.

Ek sal samewerking van my span kry deur goeie kommunikasie en sterk verhoudings te bou. Wanneer mense jou ken en vertrou, is hulle meer geneig om jou as leier te waardeer. Hulle gee dan ook volle samewerking. Deur my voorbeeld en respek te wys, glo ek dat ek my span gemotiveer sal wees en sukses sal nastreef.

Die persoon na wie ek die meeste opsien is Siya Kolisi. Hy is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n dienende leier en maak gereeld goeie besluite onder druk. Hy dien sy land met trots en lei die wêreld se beste rugbyspan. Verder wil ek ook ‘n eervolle vermelding maak van Jesus Christus, die grootste invloed in geskiedenis. Ek streef daarna om soos Hy te leef en ander te inspireer deur Sy voorbeeld na te volg.

Rugby

Ek dagdroom baie oor rugby – dit is die een ding wat my opgewonde maak en my laat streef na beter. Rugby laat my, my grense toets en groei as persoon. Dit is my passie en ek sien daarna uit om dit met toewyding na te jaag.

My gunsteling gereg is tradisionele braaivleis – ‘n nasionale trots van Suid-Afrika. Dit bied ‘n wonderlike geleentheid om tyd saam met familie en vriende te spandeer en verhoudings te versterk.

Ek sou graag ‘n koerant-artikel wil wees oor hoe leierskap en geloof hand aan hand werk. Die titel sou wees: “Leierskap deur die Oë van Geloof: ‘n Pad na Ware Invloed.” Dit beklemtoon die belangrikheid van morele waardes en dienende leierskap in ‘n wêreld vol uitdagings.

Ek wil graag ‘n loopbaan in rugby volg en my geloof uitleef deur ‘n voorbeeld te wees vir ander. Ek glo dit is ‘n manier om die krag van Christus in aksie te wys. My droom is om aan die Universiteit van Kaapstad te studeer. Dit sal aan my uitstekende geleenthede kan bied om my rugby-loopbaan te bevorder.”

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.facebook.com/bulties

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal