)

Affie-Akademie – Afrikaanse Hoër Seunskool

Affie-Akademie. 🎓🇿🇦 AFFIES SKITTER INTERNASIONAAL! 🌍Drie Affies. Drie kontinente. Drie Olimpiese wetenskapskompetisies.

Affies is vanjaar in die uitsonderlike posisie om nie net een nie, maar drie briljante jong wetenskaplikes na die wêreldverhoog te stuur! Hierdie trio van graad 12-leerders gaan Suid-Afrika én hul alma mater verteenwoordig by die mees gesogte internasionale wetenskap-olimpiades – in chemie, fisika én biologie.

Internasionale Chemie-Olimpiade

🔬 Julien du Toit het op 4 Julie koers gekies na die Verenigde Arabiese Emirate. Hy het deelgeneem aan die Internasionale Chemie-Olimpiade (IChO). As lid van die vierkop Suid-Afrikaanse span, wag daar ’n intense uitdaging op hom. ’n Vyf-uur praktiese eksamen én ’n 5-uur teoretiese eksamen – ’n ware toets van uithouvermoë en chemiese vernuf. Vanjaar neem 92 lande deel aan dié prestigeryke kompetisie wat sedert 1968 die wêreld se top jong chemici byeenbring.

Internasionale Fisika-Olimpiade

⚛️ Nicolas Alberts pak op 16 Julie sy tasse vir Parys, Frankryk. Daar gaan hy Suid-Afrika verteenwoordig by die Internasionale Fisika-Olimpiade (IPhO). Hierdie wêreldbekende kompetisie, wat al sedert 1967 aangebied word, lok byna 100 lande se skerpste jong fisici. Nicolas en sy span van vyf lede (plus twee mentors) sal elk individueel hul staal wys in ’n 5-uur praktiese én ’n 5-uur teoretiese eksamen.

Internasionale Biologie-Olimpiade

🧬 Andru van Zyl, Affies se hoofseun, vertrek op 18 Julie na Quezon City in die Filippyne. Hy gaan deelneem aan die Internasionale Biologie-Olimpiade (IBO). Sy program sluit twee 3-uur teoretiese eksamens in. Verder ook aan vier praktiese sessies van 90 minute elk – alles aangebied by die Universiteit van Manila. ’n Biologiese breinkraker van formaat!

🌟 Hierdie internasionale wetenskapsolimpiades is nie vir bangbroeke nie – in sommige lande word deelnemers jare lank intensief opgelei, amper soos professionele atlete. Tog staan ons Affies sterk, gewapen met passie, harde werk en ’n liefde vir wetenskap.

🧳 Tussen die eksamens deur sal die manne gelukkig ook kans kry om asem te skep – met uitstappies na wêreldbekende museums, tegnologiese instellings en natuurlik die geleentheid om met ander briljante jong koppe van regoor die wêreld te netwerk en vriende te maak.

🏅 Deur hul deelname verwerf Julien, Nicolas en Andru ook hul welverdiende Nasionale Kleure – ’n eer wat min te beurt val.

💥 Mooi skoot, manne! Affies is trots op julle – gaan wys die wêreld wat in julle steek!

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal