Vrystaat Netbalkampioene – Foto: o/17A Vrystaat Netbalkampioene
Hoër Meisieskool Oranje se o.17A- en o.16A-netbalspanne het Saterdag hul oorwinning gevier en is as Vrystaat netbalkampioene aangewys.
Saam met die o.14A-span, wat as naaswenners geëindig het, het hulle vir die SA-kampioenskap gekwalifiseer. Die twee topspanne in die provinsie het hul kans benut om na die nasionale toernooi deur te dring.
Die o.17’s se uitslae was as volg:
- Oranje wen 19-10 teen Sentraal (halfeind)
- Wen 17-11 teen Voortrekker (eindstryd)
Uitslae van die o.16’s is as volg:
- Oranje wen 31-6 teen Voortrekker (halfeind)
- Wen 29-8 teen Sentraal (eindstryd)
o.14’s se uitslae was as volg:
- Oranje wen 17-8 teen Wilgerivier (halfeind)
- Oranje verloor 11-12 teen Fichardtpark (eindstryd)
Die o.19A- en o.15A-spanne het nog ‘n uitdaging voor, aangesien hulle wedstryde eers volgende naweek plaasvind. Schools that rock sien uit na Hoër Meisieskool Oranje se prestasies en hoop op nog Vrystaatwenners!


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








