Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskap. Sekondêre Meisieskool Oranje se atlete het weereens geskitter by die Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskap. Die atlete het, as ‘n geheel gesien, die beste in die skool se geskiedenis presteer.
Rumé Burger het Saterdag die SA-rekord in die 200m (o.17) verbeter by die Nasionale Hoërskole-atletiekbyeenkoms. Haar wentyd was 23.35 (amptelik). Sy het reeds vroeër die dag in die semi-finaal die bestaande rekord (23.57, opgestel in 2023) tot 23.52 verbeter.
Volgens Wêreldatletiek (https://worldathletics.org/records/toplists/sprints) is dit die 3de vinnigste tyd tot dusver in 2025 internasionaal deur ‘n o.18 vroue-atleet. Rumé het Vrydag ook die 100m in ‘n rekordtyd gewen.
Prestasies behaal:
- Individueel: 4 goud, 1 silwer en 3 brons medaljes behaal.
- Aflosse: 10 silwer medaljes behaal.
- Twee SA-rekords behaal
Individueel: 20 top-10 plekke behaal:
- Diné le Roux (o.19) – 100m hekkies: goud
- Rumé Burger (o.17) 100m SA-rekord: goud
- Rumé Burger (o.17) 200m SA-rekord: goud
- Karla Kock (o.15) gewigstoot: goud
- Jumarie Matthews (o.15) driesprong: silwer
- Danyelle Pienaar (o.17) 400m hekkies: brons
- Elizabeth Fick (o.17) 400m (57.44): brons
- Mienke Botha (o.15) 400m (58.17): brons
- 4de Nécke Verster (o.19) 400m
- 4de Nécke Verster (o.19) 400 m-hekkies
- 4de Jumarie Matthews (o.15) verspring
- 5de Klara van Wyk (o.15) verspring
- 6de Annari Blignaut (o.17) 1 500m
- 7de Klara van Wyk (o.15) 90m – hekkies
- 8ste Diné le Roux (o.19) 100m
- 8ste Mienke Botha (o.15) 300m – hekkies
- 8ste Jumarie Matthews (o.15) 100m
- 9de Carli Uÿs (o.17) 100m – hekkies
- 9de Chani Britz (o.15) 800m
- 10de Annari Blignaut (o.17) 3 000m
Medaljes in aflosse:
- Diné le Roux (o.19) 4x100m silwer
- Elizabeth Fick (o.17 1 000m-medley silwer
- Elizabeth Fick (o.17) 4x100m silwer
- Rumé Burger (o.17) 4x100m silwer
- Lilly Burger (o.15) 4x100m silwer
- Jumarie Matthews (o.15) 4x100m silwer
- Jumarie Matthews (o.15) 1000m medley silwer
- Chani Britz (o.15) 1000m medley – silwer
- Mienke Botha (o.15) 1000m medley silwer
- Mienke Botha (o.15) 4x100m silwer




Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://oranjemeisies.co.za/skoolfonds/
Foto’s verskaf










