Seshoekige Gala. Foto: Daniël Walters en Johan Retief ontvang die trofee van Meneer Fröhlich.
Hoërskool Swartland, Malmesbury, het op Donderdag, 20 Februarie deelgeneem aan die Wilhelm Fröhlich Hexagonal Gala te Worcester, ook bekend as die Seshoekige gala.
Die skole wat deelgeneem het was Hoërskool Swartland, Hoërskool Hugenote, Worcester Gimnasium, HTS Drostdy, Hoërskool Robertson en Hoërskool Charlie Hofmeyr.
Dit was weer ‘n uitstekende dag vir die Rockie Aquatics-span. Hulle het die gala met ‘n oortuigende 575 punte gewen. Die tweede en derde plekke se onderskeidelike punte was 425 en 296.
Dit was die 16de keerwat die gala aangebied is en waarvan Hoërskool Swartland nou reeds 11 keer as die oorwinnaars wegstap.




Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf









