Motheo Xhariep atletiekkampioenskap – Drie atletiek aflosspanne o.14, o.17 en o.19 van Hoër Meisieskool Oranje was verlede Saterdag tydens die Motheo Xhariep atletiekkampioenskap aan die wenkant.
Die o.17 Hoër Meisieskool Oranje se aflosspan wat aan die Motheo Xhariep atletiekkampioenskap deelgeneem het, het ‘n indrukwekkende 4x100m gehardloop met ‘n tyd van 48.97. Hulle het hul aflos met bykans 5 sekondes gewen. Die o.17 aflos atlete is as volg:
- Annelize van der Merwe,
- Elizabeth Fick,
- Danyelle Pienaar en
- Rumé Burger
Onder die individue wat tydens die atletiekkampioenskap deelgeneem het, het Klara van Wyk (90 m-hekkies en 300 m-hekkies, verspring) haar veelsydigheid getoon met 3 goue medaljes.
Die volgende Hoër Meisieskool Oranje atlete het eerste plekke in 2 items behaal:
- Chani Britz (400 m & 800 m)
- Nécke Verster (400 m & 400 m-hekkies)
- Rumé Burger (100 m & 200 m)
- Mienke Botha (300 m-hekkies & 400 m)
- Adrie van Tonder (diskus & gewigstoot)
- Diné le Roux (100 m & 100 m-hekkies)
- Jumarie Matthews (driesprong & verspring)

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








