ZAK RETIEF, ‘n matriekleerling van DF het op Saterdag 11 Augustus deelgeneem aan die jaarlikse Johann Vos Musiekkompetisie wat deur HS Bellville aangebied word. Hy is een van slegs twee uit sowat 20 deelnemers wat in die kategorie vir blaasinstrumente deurgedring het na die finale rondte wat op 28 Augustus gaan plaasvind. DF kan sowaar trots wees op sy musici, want in 2017 het Wilmar Niehaus dieselfde prestasie behaal.
Zak het ook verlede week sy graad 8-eksamen by die “Trinity College London” afgelê en wag tans op die uitslae.