Derik Nortje (gr. 9) en Lizanne Nortje (gr. 11) van HS Strand het op 23 Augustus aan die jaarlikse Rotariers se Redenaarskompetisie te HS Parel Vallei deelgeneem.
Derik het die Junior afdeling gewen. Ander skole wat deelgeneem het, was HS Parel Vallei, HHH, Somerset College, Bloemhof en Rhenish. Sy suster Lizanne het haar ook baie goed van haar taak gekwyt. Derik se toespraakonderwerp was:Ā As die voelmis die facebook slaan.
Derik het ‘n geldprys asook ‘n geskenkbewys van Somerset Mall losgeslaan. Die Rotariers was vir hierdie glansryke geleentheid verantwoordelik.