Die gholfseisoen is verby en die DF-gholfers het ‘n baie goeie jaar agter die rug. Die eerste en tweede span het ongelukkig nie ‘n interskolewedstryd teen Bellville Hoërskool gehad nie, maar hulle het dit goed gedink om die magtige Paarl Gimnasium aan te pak. Die eerste span het 4½ teenoor Gimnasium se 1½ gewen. Die tweede span het met stableford punte, 66 punte teenoor Gimnasium se 58 punte gewen. Dit was ‘n baie suksesvolle interskole.
Dan wil ons ook spog met ons tweede span wat deurgedring het na die liga-finale wat op 27 Augustus by Milnerton gholfbaan plaasvind. Hulle het eerste in die Noordelike-voorstede se C-afdeling geëindig. Hulle speel Maandag teen KDM Development om te kyk wie die nommer een posisie sal beklink. Ons hou styf duim vas vir julle!
Die span is:
Voor (v.l.n.r.): Helgard Rautenbach, mnr. Mian Rossouw en Zacko Greeff (k).
Agter (v.l.n.r.): Anita Chen, Wihan Gaybba, André May en André Olivier.