V.l.n.r: Lindsay Africa, Aidan Steyn en Logan Mercuur
Worcester Gimnasium se skaakspelers het uitgeblink by die Junior Skaakkampioenskappe.
Aidan Steyn, Logan Mercuur en Lindsay Africa het die Kaapse Wynland o.16A by die SA Junior Skaakkampioenskappe van 3 tot 8 Januarie verteenwoordig. Hulle span presteer baie goed en verower die goue medalje. Aidan het ook as individu deelgeneem en weens sy goeie vertonings, word hy as slegs een van dertig spelers, na die geslote SA Kampioenskappe, wat in Maart 2020 plaasvind, genooi. Indien Aidan onder die top 10 spelers by die kampioenskappe eindig, verwerf hy sy Springbokkleure.
Become a Sponsor









