Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe. Hoër Landbouskool Boland atlete het uitgeblink uit by Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe.
Die afgelope naweek het Boland Landbou se atlete Boland Skole verteenwoordig by die atletiekkampioenskappe. Die kampioenskappe het by die Groenpunt stadion in Kaapstad plaasgevind. Boland Landbou se seuns het uitstekend presteer en die skool is trots op elkeen van hulle wat hul beste gegee het tydens hierdie uitdagende byeenkoms.
Boland Landbou het bewys dat hulle oor uitstekende atlete beskik, en die toekoms van Suid-Afrikaanse atletiek lyk belowend met hierdie talentvolle seuns. Die skool wens hulle alle sterkte toe vir die komende Nasionale Kampioenskappe en vertrou dat hul harde werk beloon sal word.
Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe: uitslae
Jaeger Coetzee (O.17):
- 1ste in 400m – 47.44 sekondes
- 1ste in 200m – 21.18 sekondes
Francois Pietersen (O.17):
- 1ste in Hamergooi – 63.80m
Johan Klue (O.17):
- 4de in Paalspring – 3.60m
Tiaan Zeeman (O.17):
- 6de in Diskus – 46.45m
Izak de Klerk (O.15):
- 2de in Spiesgooi – 53.25m
Hierdie uitslae is ‘n bewys van die harde werk en toewyding van die atlete, sowel as die uitstekende afrigting by Boland Landbou.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








