
Well Done Function 2024. Hoërskool Witteberg is uiters trots op hul Top 3 Matriekpresteerders van 2024 se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen! Hierdie leerders het uitmuntende uitslae behaal en is tydens die Vrystaatse Onderwysdepartement se Well Done Function 2024 vereer. Hierdie is ‘n geleentheid waar uitblinkers in die NSS-matriekeksamen gevier word.
𝗟𝗮𝘂𝗿𝗮 𝗦𝗵𝗲𝗽𝗵𝗲𝗿𝗱
Laura het haar merk gemaak deur 9de in die Vrystaat te eindig. Sy is ook as die Top Fisiese Wetenskap kandidaat aangewys te word met ’n indrukwekkende gemiddeld van 97%! Laura het sewe onderskeidings behaal en ‘n algehele gemiddeld van 92,57%.
𝗔𝗻𝗱𝗿é 𝗛𝗮𝘂𝗽𝘁𝗳𝗹𝗲𝗶𝘀𝗰𝗵
André het ook skitterend presteer met sewe onderskeidings en ‘n gemiddeld van 89,42%, wat hom ‘n plek in die Top 100 van die Vrystaat besorg het.
𝗝𝗲𝗮𝗻𝗱𝗿é 𝗗𝗲𝗹𝗽𝗼𝗿𝘁
Jeandré het saam met André onder die Top 100van die Vrystaat geëindig met sewe onderskeidings en ‘n gemiddeld van 88,71%.
Hierdie prestasies weerspieël die harde werk, toewyding en ondersteuning van Witteberg se leerders, personeel, ouers en gemeenskap. Witteberg blink uit danksy die uitsonderlike prestasies van Laura, André en Jeandré.

Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf