Visuele Kunste – Hoërskool Stellenbosch se harte bars van trots. Elaine Lesch, matriekleerder van 2025 het die eerste prys vir Visuele Kunste (beeldhouwerk) gewen.
Elaine het hierdie Beeldhouwerk gewen by die “Cape Town Academy se Face of Art and Design” matriekuitstalling.
Asof dit nie genoeg is nie, het sy ook ‘n beurs van R100 000 ingepalm!
Baie geluk, Elaine! Almal om jou sien uit hoe jou kreatiewe reis verder ontvou.
Die toekoms lyk blink vir jou!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








