Die spankapteins van die onderskeie laerskole wat aan vanjaar se toernooi deelgeneem het.
Agter: v.l.n.r.: Gordonsbaai, Table View, Panorama, Outeniqua, Jefferysbaai, Hendrik Louw, Lochnerhof, Hartenbos en Worcester Primêr.
Voor: v.l.n.r.: Bertie Barnard, Park, Volschenk, Wesbank, Totius, Blanco, De Kuilen en Overberg.
Afwesig: Stellenbosch.
(Foto verskaf)
Hoërskool Oakdale, Riversdal, het 19 laerskole se o.13-spanne vanuit die Wes-, Suid- en Oos-Kaap het op 6 en 7 Maart, tydens die Oakdale-Triomf o.13-rugbytoernooi, genooi om kragte gemeet. Elke skool het drie verkorte wedstryde, waar geen doel- en strafskoppe toegelaat is nie, gespeel. Die toernooi bied die ideale geleentheid om spankombinasies te toets en kragte teen skole uit ander streke te meet.