)

Hoërskool Strand se Hokkiespelers begin op hoë noot teen DF Malan

Die o.14 seuns is gekies as die ‘Most coachable seunspan’

(Foto’s verskaf)

Die O.14-hokkiespanne van Hoërskool Strand het ‘n opwindende naweek beleef deur deel te wees van die jaarlikse DF Malan-toernooi. Die toernooi word op vier verskillende astro’s in die noordelike voorstede gespeel en sluit sowat 48 spanne in.

Die onder 14 seuns (wat onder aanvoering van Leani van der Merwe en me. Martha Kuhn by die toernooi was, se uitslae is soos volg:

Saterdag: vs Hermanus: 1 – 4

Vs Milnerton: 0 – 1

Vs Hugenote: 5 – 2

Vs Bellville: 3 – 1

Sondag:    Vs Drostdy: 3 – 1

Vs Edgemead 3 – 0

Vs Stellenbosch: 1 elk

Die seuns het werklik met elke wedstryd sterker geword en beter saam gespeel. Hierdie toernooi was vir die ontwikkeling van die span van die allergrootste waarde. Hulle het aan die einde van die toernooi die toekenning as die “Most Coachable Team” gekry.

Die meisies het teen baie sterk spanne gespeel soos Rhenish, Parel Vallei, Wynberg, Paarl Meisieskool, Somerset College en Rustenburg. Dit was ‘n baie goeie leerskool vir die meisies en elkeen het besef dat daar as ‘n span saamgewerk moet word om suksesvol te kan wees.  Alhoewel daar baie werk voorlê, is dit ‘n span wat potensiaal toon om deur die seisoen baie te verbeter.

Elke span se afrigter moes die mees belowende speler kies. By die seuns was dit Marais Westraat (op die foto voor derde van links) en by die meisies Christine Norval. (Op die foto voor derde van regs)

Die afrigter moes ook die “Most Coachable player” in die span kies. By die seuns was dit Keathan Bosman (Op die foto is hy voor vierde van links). Die soortgelyke het by die meisies plaasgevind. Emi Harris is hier genomineer, maar sy is nie op die foto.

Dit is verblydend om te sien hoeveel ouers die naweek die toernooi saam met die spelers bygewoon het en watter aangename gees daar geheers het.

Hoërskool Strand se mees belowende meisie is Christine Norval voor derde van regs
Hoerskool Strand se Mees belowende seun is Marais Westraat voor derde van links
Hoërskool Strand se ‘Most coachable seun’ is Marais Westraat voor derde van links
Seuns onder 14 by DF Malan-toernooi
Dogters onder 14A by DF Malan-toernooi
Arend-meisies pronk in hul DF Malan hempies

 

Become a Sponsor

Related Posts

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

WP Hokkiespanne – Hoërskool Stellenberg kondig trots aan

WP Hokkiespanne. WP Dogters Hokkie‑keuses. Hoërskool Stellenberg is uiters trots op ons hokkiespelers wat gekies is om die Wes‑Kaap Dogters Hokkiespanne te verteenwoordig. 🏑 Hierdie prestasie is ’n bewys van…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal