Elrika Van Der Westhuizen (links) en Anjanka Olivier (regs).
(Foto’s verskaf)
Hoërskool Strand leerders Elrika van der Westhuizen (gr. 11 2019) en Anjanka Olivier (gr. 10 2019) is die wenners van ‘n spesiale toekenning geborg deur Youcandoscience. Hulle wen elkeen ‘n hele jaar se inskrywing tot hierdie internetprogram waar hulle gratis toegang het tot video’s, vraestelle, notas en veel meer om hulle met Fisiese Wetenskappe te help. Vir meer inligting oor hierdie program, gaan na www.youcandoscience.co.za.