Akademiese wenners graad 8 2019 v.l.n.r. Carla Punt (1ste), JD le Roux(3de), Carla Haughton (2de)
(Foto’s verskaf)
De Jagers Uitrusters borg jaarliks ‘n aantal pryse by Hoërskool Strand en hulle ondersteuning is ‘n teken van die uitnemende diens wat hulle aan die skole in die Hottentots-Holland-kom lewer. Een van hierdie borgskappe is geskenkbewyse aan die eerste drie leerders op die akademiese merietelys in elke graad.