Op die foto verskyn ‘n paar van die leerders wat pryse van die PNA en/of die Walter Laurie-trust ontvang het.
Vlnr: Mieke van der Merwe, Dylan Swarts, Nika van Vuuren, Ankanka Olivier en Esterlie Maré
(Foto verskaf)
Die Walter Laurie-trust en PNA is twee van die borge wat gereeld pryse skenk vir die Akademiese Prysuitdeling. Die Walter Laurie-trust gee kontantpryse vir die toppresteerders in elke graad sowel as leerders wat besonder goed presteer in Wiskunde en Rekeningkunde. Die Hoërskool Strand se verbintenis met die trust kom reeds baie jare aan en die skool spreek hul opregte dank uit vir hul ondersteuning en aanmoediging van leerders op akademiese terrein. PNA skenk elke jaar ‘n hele klompie geskenkbewyse aan die skool en dit word aangewend as pryse vir leerders wat die beste presteer op ‘n sekere vakgebied. Hoërskool Strand het ook met PNA ‘n baie belangrike band aangesien hulle al die skool se skryfbehoeftes voorsien en ‘n baie goeie en betroubare diens lewer.