)

Skolekrieket – Landboudal Boere skitter teen Fichardtpark

Skolekrieket – Landboudal Boere se 0/19-span het verlede Saterdag gesorg vir ’n ware skolekrieketdrama. Hulle het Hoërskool Fichardtpark se o.19B-skolekrieketspan met slegs een paaltjie verslaan.

Fichardtpark het die loot gewen en eerste gekolf, maar Landboudal se boulers het vinnig druk geplaas. Charl Groenewald was uitstaande met sy vyf paaltjies vir 24 lopies, wat gehelp het om Fichardtpark vir net 89 lopies uit te haal.

Die skolekrieket wedstryd het egter in ’n spanningsvolle eindfase beland. Landboudal het net een lopie nodig gehad om te wen, terwyl Fichardtpark nog net een paaltjie moes neem. Met groot vasberadenheid kon Landboudal die laaste lopie deurskarrel. Landboudal het die wedstryd met die kleinste moontlike verskil beklink.

André Botha was die beste kolwer met 19 lopies, terwyl die span ook rede gehad het om fees te vier. Christiaan Wilkinson, Stephen Heyns, MJ Erasmus en Dylan Britz het almal hul eerste XI-pette ontvang.

Die titel van Speler van die Wedstryd is aan Christiaan “Toffie” Wilkinson toegeken vir sy uitstekende bydrae.

Skolekrieket - Landboudal Boere skitter teen Fichardtpark

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://landboudal.co.za/

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal