Wiskunde Talent – Hoërskool Waterkloof is baie trots op Charles Janse van Rensburg met sy wiskunde talent. Hy gaan van 5 tot 8 Maart 2026 sy wiskunde talent in Viëtnam wys. Charles gaan deelneem aan die VIAMC Internasionale Wiskunde Kompetisie.
Hierdie ongelooflike geleentheid het hom te beurt geval, nadat hy die Suid-Afrikaanse Olimpiade vir graad 10 gewen het. Dit is ’n prestasie wat hom reeds onder die land se top jong wiskundiges geplaas het.
Die VIAMC word aangebied deur die Instituut vir Toegepaste STEM-navorsing en Menslikehulpbronopleiding (IASTEM). Dit word in samewerking met Edufly Education Technology Joint Stock Company gedoen. Die kompetisie se doel is om internasionale programme van die hoogste gehalte in Wiskunde en Wetenskap te bevorder. Terselfdertyd sal dit innovasie in onderwysersopleiding en leierskapontwikkeling stimuleer.
Hoërskool Waterkloof is ongelooflik trots op Charles. Sy harde werk en toewyding inspireer sy klasmaats en skool. Baie geluk, Charles!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor









